Mamma

Michael Tree Photography_068

Kwetterende vinkies. Dis waaraan die paar dogtertjies voor my in die balletklas my herinner. Hulle dwarrel met fladderende vlerkies om my, elkeen met ‘n storie wat hulle brand om te vertel. My beleefde instruksie om in ‘n netjiese ry by die barre te gaan staan val op dowe oortjies. Ten einde raad gaan sit ons plat op die vloer in ‘n sirkel. ‘Goed, meisies. Een storie elk, dan dans ons mooi – regso?’

Een dogtertjie vertel van ‘n maatjie se ysskaatspartytjie, ‘n ander van haar babahondjie. Nog een van haar nuwe leotard vir gimnastiek. Uiteindelik is dit die laaste ballerinatjie se beurt. Haar ogies skitter: ‘Juffrou Christi, my mamma werk vandag net halfdag. Ek kan nie wag nie, sy kom haal my na balletklas vanmiddag.’

Haar onverdunde opgewondenheid vul my hele wese, en ek voel warm trane in my ooghoeke prik. Die band tussen hierdie mamma en dogtertjie is merkbaar spesiaal.

Dit laat my met dankbaarheid aan my eie ma dink. Wie se oor en raad steeds net ‘n oproep ver is. Vir haar is geen storie te langdradig of te dramaties nie. Sy ken my beter as wat ek myself ken. My ma het my deur Statistiek 1 getutor en my deur my Raadseksamens gebid. Sy is my grootste aanmoediger, maar ken die kuns om my voete stewig op die aarde te hou. Sy bring perspektief in my weghol gedagtes en honderde idees. My ma verstaan my drome en sy is ‘n droomwaarmaker. Ons verorber skelmpies blokke sjokolade, maar sy het my ook geleer vrugteslaai en volgraanbrood eet. My ma vorm saam met my pa ‘n verenigde front, saam is hulle wenspan. Sy skrik vir geen uitdaging of harde werk nie. My ma is ‘n gedugte besigheidsvrou wat haar kliënte en werknemers met liefde en respek hanteer. Sy stap die ekstra myl saam met bruide by ons venue, amper soos ‘n tweede ma, en sy dokter siek hanslammertjies gesond.

Ek weet nie, dalk was dit net ek, maar ek vermoed meeste dogters gaan deur ‘n (vlugtige) fase wat hulle liefs nie ‘soos my ma’ wil wees nie. Toe word ek groot en kom agter my ma weet toe al die tyd wél alles. Oor die jare het my ma vir my ‘n voorbeeld geword: Sy het my gewys dat ‘n vrou haar eie styl moet verstaan en dit met selfvertroue mag dra; dat familie altyd eerste prioriteit is; dat dit okay is om foute te maak, solank mens jammer sê en weer opstaan; dat ‘jouself-wees’ altyd die beste besluit is; dat camphor- en aqueousroom en dove-seep wonderlike velsorgprodukte is; dat mens wel in wanorde en onder druk kan funksioneer indien nodig. En sy het my geleer om altyd koffie en tee in ‘n skinkbord te bedien, met ‘n melkbekertjie en suikerpot met klontjielose suiker.

Vandag is Moedersdag. Die dag wat êrens deur iemand in die wêreld uitgekies is om eer te betoon aan ons moeders. My ma het geen erg aan hierdie dag nie. En juis daarin lê my ma se karakter opgesom – onselfsugtig, ongekunsteld en onvoorwaardelik lief vir haar gesin.

Dankie Mamma. Ek is lief vir jou.

Fotos:  Michael TreeMichael Tree Photography_041

2 thoughts on “Mamma

Add yours

  1. Blog is looking amazing!! Well done. Its always fantastic when you see someone going full steam towards their dreams xx Just know Great blogs are yet to come

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: