Styl: Die Wit Hemp

christi-84.jpg
Foto deur Him and Her Pictures

Aangesien ek myself as ‘n stylblogger bestempel, moet ek seker bietjie styladvies uitdeel, of hoe? Die ding is net, ek weet self nie rêrig wat ek doen nie, ek figure dit maar uit soos wat ek aangaan met ‘n faux pas hier en daar.

Volgens Harper’s Bazaar is daar vyf items wat elke stylvolle vrou in haar kas moet hê:

  1. A dark, preferably black lean suit
  2. A pencil skirt
  3. A crisp white shirt
  4. A great pair of jeans
  5. A little black dress

Ek besit nie ‘n slanke donker pak nie. En ek het opgegee op ‘n potloodrompie want dit word altyd korter soos die dag langer word – ek vermoed dis omdat ek die klassieke peerfiguur het. Wat jeans aanbetref kan ek verslag lewer dat ek na jare se soek, amper gelykstaande aan die traumatiese soektog na die regte baaikostuum, uiteindelik onlangs weer denimbroeke begin dra het, te danke aan die boyfriend jeans snit en natuurlik jeggings. Items nr 3 en 5 geniet egter nog altyd behoorlike verteenwoordiging in my kas. Ek het ‘n hele paar van beide.

Hopelik laat die goeie gemiddeld my steeds kwalifiseer as ‘n stylvolle meisie, maar voordat ek te veel slaap verloor oor my twyfelagtige status as stylblogger, gaan ek liewer vandag die tyd benut om die wit hemp se deugde te besing. (Ek kan natuurlik nie uitgepraat raak oor die klein swart rokkie nie, maar kom ons bêre dit vir ‘n volgende keer).

Daar hang sewe wit hemde in verskillende style in my kas. Dit was nie nodig om my kas oop te maak om te tel nie – ek ken al sewe by die naam. Hulle is immers met die hand uitgesoek.

  1. ‘n Harlekynstyl spierwit nommer deur Skoonma Clothing.
  2. Twee hemde wat in die Indiese styl in wit garing geborduur is – heerlik lank en gemaklik (Thrift item en vanuit ‘n geskenkwinkel in my grootworddorp).
  3. ‘n Kraakwit klassieke kantoorstyl knopieshemp (Foschini).
  4. ‘n Afwit, effens minder formele knopiesnommer (Poetry).
  5. Mediumlengte met stikseldetail en perlemoenknopies (MRP).
  6. ‘n Katoenhemp met Coco Chanel flair van The Space.

Nie net besit ‘n silwerskoon, kraakwit hemp dieselfde goedvoelfaktor as spierwit, songedroogde linne nie, dit is boonop maklik om te stileer omdat dit so veelsydig is.

Die wit hemp gee status aan verslonsde boyfriend jeans saam met jou gunsteling sneakers vir stylvolle gemak. Kombineer vlootblou denim met ‘n wit hemp en ‘n string pêrels vir tydlose elegansie om jou nuwe buurvrou te ontmoet. ‘n Netjiese wit hemp blaas vinnig nuwe lewe in enige rompie sodat jy dit gemaklik kantoor toe kan dra. ‘n Wit hemp onder ‘n ligte jas met die kragie wat bietjie uitsteek, met ‘n lugwaardin serpie om die nek is ideaal vir Pretoria winters. ‘n Netjiese swart of kameelkleur driekwartbroek (of net bo die knie vir die brawe stylistas onder ons), is die perfekte pasmaat vir jou wit hemp vir ‘n koffie-afspraak met ‘n vriendin – dra daarby ‘n paar statement oorbelle of selfs skoene in ‘n stuitige kleur.

Hiermee dus my withemp-wenke:

  • Bykomstighede is alles. Pêrels gee ‘n meer klassieke geur en bonkige hout en metaal gaan jou wit hemp meer funky laat lyk. Maak seker jou skoene is mooi skoon en kies ‘n leerbelt van goeie gehalte.
  • Maak seker jy het ‘n tydlose korporatiewe kantoorsnit in jou kas, maar moenie bang wees om ‘n hemp met detail (solank dit in wit is soos my Indiese hemde) of interessante lyne (gaan loer by The Space vir van ons plaaslike ontwerpers se reekse) te koop nie. Bly liefs weg van blingy detail bv studs en diamanté, dit doen afbreuk aan die tydloosheid, elegansie en veelsydigheid van die klassieke wit hemp.
  • Gehalte materiaal maak al die verskil – dit gaan bepaal of jy die Franse meisie voorkoms (meer daaroor later) gaan regkry of nie.
  • Vervang alle vermiste knope so gou moontlik om te alle tye afgerond te lyk.
  • Terwyl ons oor knope gesels: ‘n Nuwe stel knope op jou wit hemp is die ideale manier om jou hemp in pas met die nuutste neigings te hou. Dit is ook in lyn met die fashion revolution/slow fashion beweging.
  • Ek maak seker ek laat alle wit en room items in my kas elke nou en dan vir ‘n dag of twee in Arial handwaspoeier week, net om seker te maak hulle kraakvars glorie bly behoue.
  • Dan die goue reël: Minder is meer, hetsy dit detail of bykomstighede is.

Ek het Pinterest besoek vir heerlike inspirasie, gaan loer gerus na my volledige bord by Style Inspo {The White Shirt}

Liefde, Christi

f4a6e50c3445322de4f017efd439cc2a
Bron: Pinterest 

bf310ad29be41d29a29b1c55b1edcfc1
Bron: Pinterest 
21f9ad381d46624390cbb5ca715761f1
Bron: Pinterest 
6acd070497a75788225bf66981df3a75
Bron: Pinterest
cdc028beb62a3d41a44a455b83e13c0f
Bron: Pinterest

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: