Ballerina in boots

Christi-48

Ek het ‘n stokperdjie waaroor ek nie graag praat nie, behalwe miskien met ‘n paar uitgesoektes in my binnekring.

Ek hou van kaste regpak. So daar het ek dit nou hardop gesê. Daar is net iets aan skoene in soldaat-gelid en hangers wat almal in dieselfde rigting kyk wat my tone laat omkrul van pure lekkerte. En as ek boonop ‘n boksie of houer vind wat die orde verder handhaaf is dit ‘n heerlike ekstra bonus.

Ek dink dis duidelik dat ek van orde hou. Sommer baie. En vir baie jare het ek dan ook ‘n boks probeer vind waarin my persoonlikheid en styl pas, naarstiglik probeer bepaal of ek die ‘jeans en sneakers meisie van langsaan’ of die ‘fashionista in ontwerpers labels’ is. ‘n Plaasmeisie of ballerina?

Sonder om te veel verdere introspeksie te doen, wil ek ‘n skoot in die donker waag met ‘n verduideliking vir my soeke na die immerontwykende boksie. Waarskynlik het ek gedink dat sodra ek die perfekte boks ontdek het, ek veilig en verskans teen die wêreld sou wees. Netjies en uitgesorteer. Met antwoorde op al my vrae.

Op die wyse ouderdom van vier-en-dertig kan ek ongelukkig nie rapporteer dat ek die nommerpas houer gevind het waarin ek myself kan opvou en netjies wegbêre nie.

‘n Paar ander waarhede het egter te voorskyn gekom so met al die regpak saam:

Ek is nie ontwerp om in te pas nie

God het my as vrou ontwerp om verhouding te bou, ‘n tuiste te skep, ‘n veilige hawe te wees. Dit beteken egter nie Hy het bloot ‘n paar standaard rokpatrone gebruik om ons uit te knip sodat ons later gesorteer en gekategoriseer kan word nie. Hy het ons elkeen aanmekaar geweef met ‘n unieke stel quirks en karaktereienskappe sodat niemand anders as net ek mý storie kan vertel nie.

Die soeke na antwoorde is ‘n reis

Die lewe is nie ‘n probleem wat opgelos moet word of ‘n raaisel wat ontsyfer moet word nie. God het wel ‘n soeke na waarheid in ons harte ingebou. Ek moet dus onophoudelik vrae vra, maar ek mag ook die reis vertrou en geniet. Elke versugting, wagseisoen, teleurstelling, vreugde en verrassing dra by om God se waarheid te openbaar en my karakter te ontwikkel, tree vir tree.

Geen boks is gelyk aan genade

Wanneer ek myself vryspreek om uit pas te marsjeer eerder as om konstant te probeer inpas, slaak nie net ekself sommer ‘n sug van verligting nie, maar dis ook asof daar ‘n genade en grasie vir ander mense op my neerdaal om nie altyd aan my vooropgestelde verwagtinge te hoef voldoen nie (ek vergeet nog soms hierdie, maar ek probeer onthou, rêrig).

Elke dag is ‘n geleentheid om op te dress 

Die lewe is besig. Dis letterlik ‘n voltydse werk om ‘n grootmens te wees (hoekom het niemand het my gewaarsku nie?), maar dis heerlik om elke oggend my kas oop te gooi en te kan besluit wat om aan te trek. Om een of ander rede het hierdie georganiseerde meisie steeds nie ‘n capsule wardrobe onder die knie nie – my bui elke oggend bepaal my keuse van uitrusting. Hiermee herinner ek myself dus plegtig dat ek Dinsdag my retro Reeboks en denim mag dra en Donderdag my swart rokkie en pêrels. Die lewe is nou eenmaal te kort om ‘n uniform te moet kies.

En die belangrikste ontdekking van alles?

Hierdie ballerina kan ‘n grand jeté in Doc Maartens doen 🙂

Ek hoop dis ‘n heerlike naweek julle! En onthou – laat jou klerekas elke nuanse van jou wese weerspieël – jou sagtheid en jou veggees, jou sin vir humor en diep denke, jou weerloosheid en vuur. Elke faset van jou persoonlikheid is pragtig en God het lank gelede al oor jou gedroom voordat hy jou met baie liefde aanmekaargeweef het.

Liefde, Christi

Fotograwe: Miranda van Him and Her Pictures en danstema styled shoot deur Nerine van Dandily Studio

 

christi-bib-85christi-bib-75christi-bib-84christi-bib-74

2 thoughts on “Ballerina in boots

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: