Sjokoladekoek

IMG_8500Ek is versot op sjokolade. Vir ontbyt. Vir middagete. Vir aandete. Wanneer ek gelukkig is en wanneer ek olik voel. Ek verorber blokke sjokolade sonder om ‘n oog te knip.

Dis waarskynlik die hoofrede waarom ek tyd in die spinningklas spandeer (dit en die feit dat ek ‘n ding het vir electronic dance music #guiltypleasure).

Ek glo daarom dis baie belangrik om ‘n sjokoladekoek resep in sekondes te kan saamflans – net so vir variasie tussen die slabs en Lindt balletjies deur.

Hiermee dan my gunstelingresep wat ek jarrrre gelede in ‘n Sarie Kos ontdek het, met ‘n versiersel wat ek so met die tyd leer maak het.

  • 500 ml koekmeel
  • 500 ml suiker
  • 200 ml kakao
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 250 ml karringmelk
  • 250 ml kookolie
  • 250 ml kookwater
  • 5 ml vanieljegeursel

Meng alles saam in ‘n mengbak met ‘n elektriese klitser en bak in ‘n voorafverhitte oond by 150 grade celsius (die resep sê ‘n uur, maar ek bak myne vir ‘n uur en ‘n half).

Vir die versiering: Smelt twee groot Bournville slabs op ‘n dubbelkoker. Haal van die hitte af en klop vars room met ‘n houtlepel in om net bietjie meer vloeibaar as ganache te wees. Voeg heuning (en grondboontjiebotter) by na smaak. Giet die versiersel oor die reeds afgekoelde sjokoladekoek. (Hierdie kombinasie smaak selfs beter die volgende dag).

Bedien met geklopte room en sterk koffie.

IMG_8503

IMG_8509

Resep: Baie dankie Sarie Kos 🙂

 

 

 

 

 

2 thoughts on “Sjokoladekoek

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: