Sus en Daan

Christi-30

Om te trek is vir my ‘n traumatiese ervaring, maar daar is tog ook iets daaraan om daarmee saam herinneringe van die rak af te haal en af te stof voordat dit veilig in ‘n boks verpak word.

Sowat ‘n maand gelede ontdek ek weer my ‘Sus en Daan’ boek as deel van die inpakslag om na my nuwe woonstel toe te trek. En daar met die verbleikte mentgroen boekie in my hande is ek eensklaps weer ‘n Graad-eentjie op haar eerste skooldag. Boksterte en kaalvoet (onthou dit was die platteland) en baie opgewonde om uiteindelik te leer lees.

Vinnig-vinnig was ek die kwaaie Juffrou Taylor se witbroodjie. Ek wil graag glo dat dit was omdat ek so leergierige klein dogtertjie was, maar dit mag dalk eerder iets te doen gehad het met die feit dat ek vir haar plaatkoekies met roosblare en appelkooskonfyt gebak het en haar loodswaar boeksak gedra het (ja ek was daai kind). Hoe dit ookal sy – die gevoel was beslis wederkerig.

Juffrou Taylor het my huiwerige dogtertjiehandjies geleer om letters te vorm en my gehelp om te klank. Totdat ek uiteindelik self die storie van Sus en Daan en Kiet en Boef en Langoor kon ontsyfer.

En daarna saam met Saartjie oor die lyne in die betonblokke voor haar hekkie kon spring, die avonture van Trompie en Boksombende kon beleef en saam met Saul Barnard vir grootvoete in die Bos kon koes.

Om te leer lees en in die wonderwêreld van woorde te kan verdwaal is een van die grootste geskenke wat ek nog ooit ontvang het. Vandag nog as grootmens verloor ek myself in ‘n boek wanneer die wêreld druk. Net om myself op die laaste bladsy weer te vind.

Daar is dus ook min dinge wat my so gelukkig maak as om ‘n woordkunstenaar te ontdek, hetsy dit ‘n lekkerlees-storie of ‘n raaksê-gedig is. So loop ek vir Ané Kotzé (@kaalwoorde) op Instagram raak. En hierdie meisie kán skryf. Sy skryf hartsnare stukkend en verwoord rou emosie asof sy binne-in jou gedagtes wegkruip. Dit gaan egter vir Ané oor soveel meer as net harte aanraak, sy wil ook harte met haar woorde verander en ‘n verskil maak. “Ek het besluit ek wil iets goed doen met my woorde. Ek het dus hierdie kwartaal gekies om die liefdadigheidsorganisasie, ‘help2read’, finansiëel te ondersteun.”

Met elke verkoop van ‘n @kaalwoorde produk word ‘n gedeelte van die opbrengs geskenk aan hierdie organisasie wat hulself daarvoor beywer om kinders uit benadeelde gemeenskappe te leer lees.

Vandag se inskrywing word daarom ingespan om bewustheid oor hierdie inisiatief te kweek sodat elke liewe seuntjie en dogtertjie in hierdie mooie land van ons die gawe van lees kan ontdek. Indien jy ook deur hierdie merkwaardige meisie se woorde betower wil word, besoek gerus @kaalwoorde op Instagram.

Nou. Dadelik. Jy weet jy wil.

Christi-38

Christi-35

Rokkie: Colleen Eitzen by The Space

Pienk vellies: Amanda Laird Cherry by The Space

Fotograaf: Liefste Miranda van Him and Her Pictures

Venue: Queenswood Drycleaners

 

 

2 thoughts on “Sus en Daan

Add yours

  1. Christi ek onthou nog daai dogtertjie met die blonde haartjies met n boekie in haar hand. En haar Oupa Daan was so trots en erg oor haar❤️

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: