Geelkoors

Christi-105

Ek en geel praat nie rêrig met mekaar nie.

En dis nie dat ons dinge nie ‘n kans gegee het nie. In die laat negentigs het ek as tiener uit vrye wil my kamermure ‘n sagte skakering van geel geverf.

En toe skei ons paadjies spontaan na vier jaar.

Ons is nie kwaad uitmekaar nie. Het selfs vriende probeer bly.

Daar is immers ‘n hele paar mooi herinneringe. My ouma se kanariegeel rok met die swart polkadots. Die goudgeel koord om my hoërskoolbaadjie. Die hart van ‘n gebakte eier langs ‘n stukkie spek en tamatie. Botter oor tuisgebakte piesangbrood. Pynappelskywe wat my keel brand van soet. Sonneblomme langs die grondpad oppad skool toe. Handevol sunrise toffies by die buurtannie se plaaswinkel gekoop.

Deur die jare het ons paaie telkens weer gekruis. Bleek sauvignon blanc op ‘n loom somersmiddag. My sus se songeel Le Creuset melkbeker en suikerpot op haar stoep in Stellenbosch. Kate Hudson se ikoniese rok in How to Lose a Guy in Ten Days. Die trop ganse se donskuikens wanneer ek oor ‘n naweek die stad vir die plaas verruil. Selfs ‘n paar geel sneakers het hul pad ongemerk tot binne-in my kas gevind.

En tog. Ons het mekaar steeds nie verstaan nie. Die chemistry van ‘n klip. Friend zone.

Tot vandag.  My hart het in my keel geklop. Hierdie geel handsakkie het saggies my naam gefluister. Flikkers gegooi. En dié keer is dit anders. My voete is onder my uitgeslaan.

Ek herinner myself nugter dat dit dalk nie ‘n langtermyn verbintenis mag wees nie, maar dis okay.  Want vir nou giggel ek guitig.

Christi-107

Christi-94

Christi-98

Christi-100

Handsakkie: Tweedehandse thrift nommer

Rok: Amanda Laird Cherry by The Space

Oorbelle: Lorean

Skoene: Ballet Barre

Foto’s: Miranda van Him and Her Pictures

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: