Roomysmeisie [Cappucino met Christi]

Karien Van Emmenes, beter bekend as @roomysmeisie op Instagram, is die kreatiewe brein agter WhiskAway Ice Cream. Sy is ‘n omgeemens wat vreugde bring oral waar sy gaan met haar sonskynlag en heerlike kos. Die WhiskAway Ice Cream reeks sluit nie net roomys nie, maar ook sorbet, gevriesde joghurt en roomyskoeke in. Daar word slegs... Continue Reading →

Mamma

Kwetterende vinkies. Dis waaraan die paar dogtertjies voor my in die balletklas my herinner. Hulle dwarrel met fladderende vlerkies om my, elkeen met ‘n storie wat hulle brand om te vertel. My beleefde instruksie om in ‘n netjiese ry by die barre te gaan staan val op dowe oortjies. Ten einde raad gaan sit ons... Continue Reading →

Styl: Die Wit Hemp

Aangesien ek myself as ‘n stylblogger bestempel, moet ek seker bietjie styladvies uitdeel, of hoe? Die ding is net, ek weet self nie rêrig wat ek doen nie, ek figure dit maar uit soos wat ek aangaan met ‘n faux pas hier en daar. Volgens Harper's Bazaar is daar vyf items wat elke stylvolle vrou... Continue Reading →

Ballerina in boots

Ek het ‘n stokperdjie waaroor ek nie graag praat nie, behalwe miskien met ‘n paar uitgesoektes in my binnekring. Ek hou van kaste regpak. So daar het ek dit nou hardop gesê. Daar is net iets aan skoene in soldaat-gelid en hangers wat almal in dieselfde rigting kyk wat my tone laat omkrul van pure... Continue Reading →

Sjokoladekoek

Ek is versot op sjokolade. Vir ontbyt. Vir middagete. Vir aandete. Wanneer ek gelukkig is en wanneer ek olik voel. Ek verorber blokke sjokolade sonder om 'n oog te knip. Dis waarskynlik die hoofrede waarom ek tyd in die spinningklas spandeer (dit en die feit dat ek 'n ding het vir electronic dance music #guiltypleasure).... Continue Reading →

Sus en Daan

Om te trek is vir my ‘n traumatiese ervaring, maar daar is tog ook iets daaraan om daarmee saam herinneringe van die rak af te haal en af te stof voordat dit veilig in ‘n boks verpak word. Sowat ‘n maand gelede ontdek ek weer my ‘Sus en Daan’ boek as deel van die inpakslag... Continue Reading →

Celebrity

Hallo, my naam is Christi. En ek het ietsie om te bely. As klein dogtertjie het ek ‘n fassinasie met bekendes gehad, of dalk kan ek dit eerder beskryf as ‘n spontane bewondering vir hul uitrustings, haarstyle, en hul interessante antwoorde op joernaliste se ewige vrae. Goed. Voor julle my stilmaak met ‘n nee-man-dis-nie-so-erg-nie-ons-almal-was-daar-deur-sug, wag eers... Continue Reading →

Geelkoors

Ek en geel praat nie rêrig met mekaar nie. En dis nie dat ons dinge nie ‘n kans gegee het nie. In die laat negentigs het ek as tiener uit vrye wil my kamermure 'n sagte skakering van geel geverf. En toe skei ons paadjies spontaan na vier jaar. Ons is nie kwaad uitmekaar nie.... Continue Reading →

Blog at WordPress.com.

Up ↑